Perth

Perth
Stad
Vlag van Perth
Vlag
Wapen van Perth
Wapen
Perth is in Wes-Australië
Perth
Perth
Ligging van Perth in Wes-Australië
Koördinate: 31°57′8″S 115°51′32″O / 31.95222°S 115.85889°O / -31.95222; 115.85889Koördinate: 31°57′8″S 115°51′32″O / 31.95222°S 115.85889°O / -31.95222; 115.85889
LandVlag van Australië Australië
DeelstaatVlag van Wes-Australië Wes-Australië
Gestig op11 Junie 1829
Regering
 • BurgemeesterLisa Scaffidi
Oppervlak
 • Totaal6,417,9 km2 (2,478,0 vk. myl)
Bevolking
 • Totaal2 039 200
 • Digtheid317,736/km2 (822,933/vk. myl)
TydsoneUTC+08:00 (Australiese Westerse Standaardtyd)
Webwerfperth.wa.gov.au

Perth (Engels: [pɜːθ], ; Noongar: Boorloo, [buɭu]) is die hoofstad van Wes-Australië, een van die federale deelstate in Australië. Die stad het 'n bevolking van meer as tweemiljoen mense (2014) wat Perth die grootste stad in die deelstaat Wes-Australië maak. Tot soveel as 'n driekwart van die deelstaat se bevolking woon in Perth en omliggende streke. Die stad het ook die vierde grootste bevolking in Australië. Die bevolkingsgroei van Perth is konsekwent hoër as die nasionale gemiddeld in Australië.

Perth is in 1829 deur Kaptein James Stirling as die politieke sentrum van die vrye setlaars van die Swanrivierkolonie gestig. Perth was sedertdien die setel van die regering in Wes-Australië.

Die metropolitaanse gebied is geleë in Suidwes-Australië in 'n gedeelte wat bekend staan as die Darling Range. Die sentrale sakekern en die woongebiede van Perth is aan die oewer van die Swanrivier geleë. Perth deel die vyfde plek op die tydskrif The Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede.[3]

  1. (en) "Greater Perth: Basic Community Profile". 2011 Census Community Profiles. Australian Bureau of Statistics. 28 Maart 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike (xls) op 1 Mei 2022. Besoek op 9 April 2014.
  2. (en) "Regional Population Growth, Australia, 2014–15". Australian Bureau of Statistics. 30 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 April 2020. Besoek op 5 November 2016.
  3. "Urban idylls", Economist.com.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search